Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Sunday, September 22, 2013

Uitlegte

Hello daar,

Hoop almal het n heerlike naweek gehad en geniet nog die laaste paar ure van julle Sondag middag. Soos ek al genoem het was ek en my dogter laasweek vir n week in Nice/Nizza Frankryk. Ons het heerlike sonskyn weer gehad. Die week wat ons terug is het ons in re├źn geland en dit was die hele week koud en nat. Die herfs kleure is nou vol aan die verskyn. Ons het die naweek weer lekker son maar heerlike weer. Nie te warm nie en ook nie te koud nie. 

Hierdie jaar het vir my vreeslik vinnig verby gegaan. As ek so op almal so blogs kyk is dit net kersfees kaartjies of iets oor kersfees. Dit voel skoon snaaks om dit te sien voel soos nou die dag wat ons in Desember maand was.

Hier is 2 uitlegte wat ek klaar gemaak het. Die een uitleg is waaroor ek in my vorige pos van gepraat het. Die uitleg volg op die een wat ek van my dogter se diploma plegtigheid gemaak het. 
Hierdie uitleg is van die ete daarna en ook my verjaarsdag ete, was sommer n dubbel viering gewees.

Die tweede uitleg is van Helene Fischer sy is n Duitse "schlager" sangeres en ons hou baie van haar liede. As sy in Switzerland optree probeer ons altyd om n "show" van haar te gaan kyk. 

Hier is n video van Helene Fischer



Hier volg die uitlegte


My dogter se diploma plegtigheid ete en my verjaarsdag ete.


Helene Fischer se Show


Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...