Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Saturday, July 20, 2013

Little Army Hero

Hallo weereens,

was n rukkie nie hier op my blog gewees of doenig gewees met scrapping of my kuns goed nie. Ek het my mojo so bietjie verloor.
Na al die dokter besoeke en ondersoeke het hulle nou eindelik uitgevind wat die fout is. So nou word ek vir die regte ding behandel en begin ek weer stadig "lewe" kry. LOL....

My layout is van my broer se klein seuntjie wat in April, ses geword het. Soos ek sê my mojo kom nou eers weer stuk-stuk terug.
Ek en my broer verskil 8 jaar, hy is die jongste en ek was die middel dogter, my oudste sus is in 2005 oorlede.
My kinders is nou al groot en dit bring lekker "memories" terug van toe my seun of dogter al die kinder temas van verjaarsdae gehad het. Dit was so lekker om die jaar hulle verjaarsdae te kon bywoon. Ons was nou nie vir klein Adriani se verjaarsdag daar nie, maar haar tannie kon gelukkig haar geskenk die keer self vir haar gegee het. Hulle word so gou groot. Kan nie glo Ignus gaan al volgende jaar groot skool toe en Adriani wel sy is n regte klein rissiepit maar pragtig.

Ignus se verjaarsdag tema was "Army", sy ma Hestea het vir elke kind n helm, geweer ook gekoop en natuurlik die heerlikste eetgoed. Die cupcakes het Hestea ook self gebak met al die army figuurtjies op. Dit het te oulik gelyk. Die seuns kon natuurlik nie wag om met hulle "guns" en helms te gaan speel nie.

Hier is my layout wat ek gemaak het.


Ek het glimmer mist gebruik om my stensil op die agtergrond te kry. Die twee klein fototjies was die twee baba's op die partytjie. Julle die dogtertjie is n vriendin van my skoonsus, ek het nog nie sulke mooi oë gesien nie. Dit het behoorlik gelyk of sy deur jou kyk. Die seuntjie met die hoedjie op is my skoonsus se broer se seuntjie. Net so n pragtige seuntjie. 


Ek het al my Army chippies en papier in SA gekoop


Die army tank, 6de verjaarsdag en die opskrif is ge-emboss
 met olyf en copper embossing poeier


Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...