Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Sunday, June 2, 2013

Picture Perfect memories

Hallo daar,

ons is nou besig om baie vinnig met die kompetisie klaar te maak. Ons is die week 6 dames wat deur is na die volgende rondte. Ons het weer n skets gekry vir ons volgende kompetisie. 
Ek hoop die foto's kan al die detail mooi wys. 

Ons het nou vanaf Middel April nog net reën. Die plekke in Europa verspoel en oorspoel. Daar is mense wat se kellers vol water was en net as hulle dink dit is skoon gemaak dan kom die volgende vlaag reën. Die sneeu is ook besig om te smelt op die Alpe, so daar is nog meer water as wat die riviere orals kan vat. 

Hier is my kompetisie week nr 22 uitleg.


Ek en my dogter en my skoonsus (my broer se vrou). Dit was by Pretville in Suid Afrika. Hulle het n film daar gemaak en die "dorpie" is so gelos vir besoekers. Dit is werklik n paradys vir fotograwe. Ek, my man en my broer het heerlik foto's hier geneem.



Die volgende uitleg is een van ons skets challenges wat ons in Mei gehad het om te doen.


Die haarsalon was ook in dorpie waar ons was. My dogter het daar gaan staan sodat ek haar kon afneem. Sy skryf hierdie week haar eksamens en einde Junie is sy klaar met haar studies. Is darem lekker as jy n dogter het wat haar ma se hare elke keer kan mooi maak.


Dankie vir die inloer

Be Happy, Be Creative



No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...