Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Friday, May 10, 2013

Love Birds

Hi, daar, nog n week is verby.

Hier volg nr 18 van my uitdaging by Colorful Creation. Ons was 12 dames wat deur is na die volgende ronde. Hierdie keer het ons weer n skets gehad, ons mag geen skêre of ons papier "cutters" gebruik het op ons papier nie. Ons moes ook n voëltjie gebruik het en droog of nat "embossing". Teminste 4 verskillende patroon papier.

Ek het my voëltjie en my woord "love" met nat embossing gedoen. Al my papier het ek met die hand geskeur net ons foto's mag ons gesny het. 

Die foto's was geneem met ons SA vakansie geneem. Dit is naby Hartbeespoortdam. Die plek se naam is Pretville. Hulle het n film daar geskiet en die "dorpie" is net so gelos vir besoekers. Ons het ook die dvd gekoop om die film te kyk. (Wat ons nog nie gedoen het nie), net te min tyd.

Hier volg my uitleg. "Love Birds"


Ek het 4 verskillende patroon papier gebruik. Van die een met die strepe het ek washi tape gemaak vir die streep deur die uitleg.


My woord "Love" en die voëltjie


Papier wat geskeur is, en o ja, ons moes ook "staples" gebruik het, waarmee ek my washi tape vas gemaak het.


Van my "brats" met die woord "love" op.

Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...