Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Monday, May 20, 2013

Boom tema

Hallo daar, 

ons het n heerlike lang naweek en my scrap mojo is nog nie heeltemal terug nie, maar ek het myself gedwing om te gaan sit en my scrap uitlegte weer agter mekaar te kry. 

Ek was n rukkie siek met n maag virus en n mens is so van niks lus vir enige iets nie. Ons het ook baie slegte nuus gekry. My een vriendin het my die week gebel om te sê haar man het maagkanker wat klaar  na meeste van sy organe versprei het. Dit was n geweldige skok vir ons want Peter is n dokter en hy was altyd die gesondste en baie sporttief. Die gewas by sy maag en sluk opening is te groot om te kan bestraal. Hy het nou n "stents" gekry om die sluk oop te hou want hy sukkel om te sluk. Hy het vreeslik baie gewig al verloor. Die medisie kan niks meer doen nie, ons het almal vir hom gebid en orals ook by gebeds groepe sy naam opgesit. Ons weet by Jesus Christus is niks onmoontlik nie. 

Die wat gereeld my blog volg weet teen die tyd dat my seun en skoondogter in Australia Sydney by Hillsong is en verder studeer. Tirza moes n dans voorberei vir een van haar eksamens en Leon het die lied vir haar geskryf. Sy het besluit op die tema "Boom", Dit was parallel tussen haar verhouding met Jesus en die groei van n boom. "It was a parallel between her relationship to Jesus and the growth of a tree".

Ek het die foto van hulle blog afgetrek, en geprint. Die tegnologie is darem puik as mens dink hoe mens duisende kilo meters van mekaar so kan inligting kry en ook met hulle kan praat en dit voel of hulle by jou sit. 

Hier is my uitleg

Ek het Pion papier gebruik. Ek het eenkeer n verskillende bos blommetjies gekoop, hier het ek van hulle gebruik.


Ek het besluit om n boom te maak wat by die tema pas. Ek het n paar tegnieke op die die boom gebruik en op die einde ook met embossing poeier oorgegaan dat die groewe van die boom bas meer uitstaan.



Ek het UTEE gebruik om die stukkies van die hout patroon in te bring.


Die boom nog van nader


My "layers" op die uitleg


Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...