Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Friday, April 19, 2013

Dream Golfer

Hallo daar,

Die vakansie is verby, n mens vat behoorlik nog n week om aan die gang te kom na n lekker rustyd. Ons het terug gekom en het in die mooiste Lente weer ingestap. Lekker warm en orals net blommetjies. Toe ons uitgevlieg het na SA was dit nog op plekke gesneeu  en lekker koud. 
Gister was dit so 25 grade, vandag reen dit en is so 11 grade. Môre praat hulle van 4 grade. Ons is nou in n wipplank weer seisoen lyk dit my.

Terwyl ons in SA op vakansie was het ek gehoor ek is verder met die kompetisie en dat ons n volgende uitleg het om te doen. Omdat ons nie voor die tyd weet wat ons gaan kry om te doen nie, het ek niks scrap goed saam geneem na SA nie. Die vrydag toe ek die mail kry met ons volgende uitdaging, was dit toe behoorlik n spoeg en plak uitleg wat ek klaar gemaak het. 

Ek het by my skoonsussie sommer printpapier gekry en die grote van n scrapblad gemaak. Ons moes ons eie patroon papier maak, Washi tape, ons eie Paste maak en n waaiertjie. 
My patrone het ek met vetkruit gemaak, die washi tape het ek geskenkpapier van my skoonsus gebruik, die waaiertjie was n geskenksakkie wat ek opgesny het. Nou hou vas aan julle stoele die paste was tandepaste wat ek met koekkleursel gekleur het. Kyk daai uitleg gaan altyd vars ruik. LOL.......

Hier is my nr 14 uitleg wat behoorlik van "afval" material gemaak is. Ons kon self nog n paar goedjies bysit van ons keuse. Ek het die hout letters gaan koop en met glittergom bruin gemaak. Die raam om die foto (ook n foto van skoonsus) het ek met Mosiac steentjies omraam.


Ek is die week deur na die volgende rondte nr 15. Ons moes n Accordion Album gemaak het. Alle papier (behalwe jou plein karton) moes van dieselfde verskaffer gewees het. Jou versierrings moes ook van dieselfde verskaffer gewees het en jy moes lint gebruik het. Tenminste 2 van jou bladsye moes lyk soos n dubbel uitleg scrapblad sou lyk. My papier is van Bo Bunny - Gabrielle.


Dit is hoe my album lyk as hy toe gemaak is met die lint.


Dit is die voorkant van die album as jy hom oopmaak.


Dit is die agterkant van die album as jy hom oopmaak.


Van n ander rigting afgeneem


Die agterkant met my voorkant van die album


Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative

No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...