Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Tuesday, March 12, 2013

Creative

Hallo julle,

ek het n bietjie van my scrap lus weer terug gekry. Ek het n paar uitlegte en kaartjies gemaak wat n paar uitdagings was by Colorful Creation.

Ek het ongeveer so twee weke terug n baie slegte ervaring gehad met een van my beste vriendinne, of laat ek sê ek het gedink sy was een. Dit het my baie diep seer gemaak en ek was skoon lam van teleurstelling gewees en is nogsteeds. Maar die lewe gaan aan en ek het net vir een maal in my lewe besluit n mens het nie sulke mense in jou lewe nodig nie.

Die uitlegte is die keer meeste van my dogter. My man is n hobby fotograaf en het ook al n boek geskryf. Hy hou baie daarvan om ons pragtige dogter te fotografeer. My seun is n profesionele fotograaf en neem die mooiste foto's. So tussen Chelene se pa en haar broer kry ek altyd die mooiste foto's van haar. Op die oomblik is Leon en sy vroutjie in Australia en ons mis hulle natuurlik baie maar hulle is so geseënd. Gelukkig soos ek altyd sê is die tegnologie vandag so goed ek kry gelukkig van hulle ook foto's.

Hier volg my uitlegte en my kaartjies.


My dogter Chélene (donker kop) en een van haar vriendinne. Hulle het een Sondag middag my man gevra of hy nie n foto sessie met hulle wil doen nie. Hulle het dit baie geniet en het ook sommer later self begin foto's neem. Die skets is van Pagemaps


n Paar van my blommetjie van nader. Dit is van Prima


Ons moes ook n paar "fuzzy cutting" gedoen het, ek het die kameras uit die Bo Bunny papier gesny.



Nog van die kamera's wat ek uitgesny het, die woorde hier onder is van n Prima verpakking wat ons ook moes gebruik het. Ek het gedink dit pas nogal goed by die twee meisiekinders. Ek het net die datum oor een van die woorde "Oh Boy" gesit. ;-)


Die volgende uitleg was n Inspirasie foto. Ek het die kleure wat in die foto was gebruik. Pienk, blou, bietjie groen en geel. Die foto is van my sussie en myself. Sy was die oudste ek die middel kind en dan het ons nog n laat lam broer ook. My sus is in 2005 oorlede. Die foto van die Inspirasie was Cup Cakes met n doillie om en die mooiste rosies. Ek het besluit op die foto van ons twee sussies. My ma het altyd my en my sus se rokkies gemaak. Ek was die pienk dogter en my sus die blou dogter. Ons gunsteling kleure. n Mens kan nie mooi op die foto sien nie, maar ons rokkies het fyn blommetjies op. Agter op die foto is n rankroos teen die muur. My agter grond papier het ek op n paar tegnieke besluit vir die kreatiewe deel.


Nader foto's




Hier moes ons die woord Birthday gebruik het. Ek het besluit om n kaartjie te maak. Volgende maand is ons in SA met vakansie en het n paar verjaarsdae wat ek dan hulle kaartjies kan uitdeel.


Die papier is van Pion Design "For Father" julle kan meer sien HIER



Die uitdaging was gewees - gebruik julle Rub ons. Ek het soveel van die rub ons wat n mens gebruik het en die helfde van die alfabet kon jy nie meer verder gebruik nie. Van hulle is al so oud hulle verpoeier sommer as jy net aan hulle vat. "OU Stash" lol.... die swart rub ons moes ek behoorlik krap voor hulle besluit het om nou eindelik af te kom. 


Van my blomme en nog rub ons


Ek het sommer  met n bietjie Akriel verf ook gespeel



Ons moes n skets gebruik het en n doilie. Ek het baie jare terug die skinkbord doilies gekoop, kan nie eers meer onthou vir wat nie. Ek het nog so 4 oorgehad en een gesny om te pas op my uitleg. Eintlik moes ons n klein doilie bo waar ek my groen sirkel het gebruik het. Maar ek het besluit om vir n slag iets anders te doen. Die doilie het ek ook met verskillende kleure Glimmer mist gesproei.


Die foto is van my seun en skoondogter in Sydney Australia. Hillsong Australia het nou hulle vroue konferensie gehad. Die naam was Colour Conference. Hulle twee het die funny foto's van hulle laat neem. My seun het ons een nag wakker "ge- FACETIME". Hy het ons gewys hoe al die dames worship. Dit was net "awesome" om dit te kon sien. Daar was meer as 25 000 dames. As ons in November ons "Ladies Lounge" het is ons so tussen 4 en 5000 dames en dit is ongelooflik om te ervaar as soveel dames Lof en Prys dink net hoe het dit geklink met 25 000 dames. Kry skoon hoendervleis as ek net daaraan dink. Prys die Here.



Ons mag net swart, wit en n bietjie groen gebruik het. Ek was nie lus vir n uitleg net met die kleure nie, ek het besluit op nog n kaartjie. 


Die kaartjie het ek vir my skoonsus gemaak. Sy word hierdie jaar 50.
Die papier is ook van Pion Design - Grandmas's schoolbook, julle kan dit HIER vind



Van nader, die skoenlappers het ek uitgesny en met Glossy accents oorgegaan


Kaartjie van die kant af


Die uitleg moes ons n wit en swart foto gebruik het en die woord Favorite. Die Titel is Our Favorite Butterfly. Die Swirl het ek met my sizzix gemaak en met Glimmer mist gesproei.



Prima se alfabet en skoenlappers


Hier volg my prys wat ek gewen het. n Vriendin van my is n DT op Imaginrium Designs, ek het op haar werk n "comment" gegee en is toe as wenner getrek. Hier is my geskenkie van hulle af.


Dankie vir my mooi briefie en die pragtige chippies. Ek belowe ek sal my werk deel met julle as ek dit gebruik het op n uitleg. 

Baie dankie vir julle inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...