Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Tuesday, March 26, 2013

Uitlegte en een kaartjie

Hallo daar,

Ag, man hierdie weer is deurmekaar. Dit is nou veronderstel om Lente te wees, ons het nog net grys weer en dit sneeu. Gelukkig vlieg ons hierdie naweek na Suid Afrika en hoop ons gaan n paar  lekker warm dae hê. Teen die tyd dat ons terug kom sal die weer hopelik al beter wees.
Die arme ou voëltjies weet ook nou nie meer is dit winter of lente nie. Hulle chirp vroeg oggend en deur die dag gaan soek hulle almal skuiling onder n ou takkie. Die arme goed kry seker vrek koud.

Ek het n paar uitlegte om weer te deel. Al my uitdagings is klaar ek het nog net een wat ek vrydag kry om te doen. Ek gaan probeer om dit klaar te maak voor ons Saterdag vlieg. 

Hier volg my uitlegte en een kaartjie

Ek het besluit om n uitleg van my man te maak. Daar is al dames wat die storie van ons ongeluk ken. Ek sal net kortliks weer hier skryf. Ons was in Julie 2006 in n baie ernstige kar ongeluk. My man het sy hele linker arm verloor in die ongeluk. Ons het deur n baie swaar tyd gegaan na die ongeluk, maar ons kan net al die eer aan ons Hemelse Vader gee. Was Hy nie ons anker nie weet ek nie of ons deur alles sou gekom het nie.

Die Quote op die uitleg is soos volg.
"God will not permit any troubles to come upon us, unless He has a specific plan by which great blessing can come out of the difficulty." - Peter Marshall


Die uitdaging was gewees - "Counting Blessings"
Ons moes n Quote gebruik het, knope en steekwerk en jou eie blomme. Ek het groen "tul" gebruik vir my blom onder my knope.


Die papier is van Pion Design - For Father





My volgende uitleg is my NR 12 van SYTYCS
Ons het n skets gehad, ons moes "masking", textured paste, en "inking" gebruik het.


Die papier het ek al jare terug gekoop, het geen idee van wie dit was nie. Ek het dit gekoop met die idee om dit vir my troufoto's te gebruik. Halloooo, ek begin nou eers met my troualbum. ;-)
Seker ook hoogtyd. Ons was Donderdag die 22ste Maart al 27 jaar getroud.



Die uitdaging was om woorde uit die liedjie te gebruik wat ons gekry het. Ek het besluit op n kaartjie. n Vroutjie in ons kerk verjaar vandag en sy het Donderdag haar verjaarsdag ete. Sy is vandag 30 jaar. Gedink die "Over the Hill" sal pas. LOL.....
Die skets van die kaartjie is van Let's Scrap.



Ek het eers gedink om die uitleg te los. In die begin was dit vir my baie goed wat ons op eenslag op n enkel uitleg moes doen. Op die ou einde het dit tog goed uit gekom. My uitleg is ook ge- "Future" vir die week. Dit was behoorlik n lys van goed wat ons moes gebruik en ons moes 4 van ons eie blomme gemaak het. 





Die uitdaging was "All about Detail"
Ek het die foto's van my skoonmoeder en het gedink dit pas goed by wat ek in gedagte gehad het. 
Die papier blomme het ek ge- "fuzzycut". 



Die blommetjies van nader.



Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...