Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Thursday, February 7, 2013

Creativity

Nog n week amper verby!!!!!!


Sjoe, die tyd vlieg. Voor ons sien is Februarie maand ook al verby.

Ek het die week n paar uitlegte klaar gemaak. Dit was n paar uitdagings wat ons by Color Creations gekry het. 
Ek het foto's probeer neem, as ek sien dit word helder. Ons het die hele week nog net sneeu gehad, met tye kom die sonnetjie uit. Dan moet jy jou kans waarneem en gou n paar foto's probeer neem van jou uitlegte. 


Hier volg my uitlegte.



Die uitdaging was gewees, jy moes n hart of meer hartjies gebruik het, kleurskema die woord "love" en nog n paar goed. Jy moes ook n skets van iemand gebruik het. Ek het die skets van Cheri O'Neil gebruik. Ek het my 3 keuses gemaak en die woord "LOVE" gebruik, met die kleurskema van rooi en my hartjies en die papier met die woorde op.




My sakkie met al my "love letters" ;-)


My hartjies wat ek embossed het.


Die uitdaging was gewees jy moes n skets gebruik en n "recycled" item. Ek het n deksel van n blikkie gebruik agter my titel. Die deksel het ek ook met Alcohol Ink besmeer.


Die deksel van naby


Van my knope wat ek laas week op n uitverkoping gekoop het. 


Die uitleg was n skets met n kleurskema van helder geel, oranje, pink en blou. Dit is my broer se dogtertjie sy is op eetbaar. Kan nie wag om April te gaan kuier in SA om die kleingoed weer te sien nie.


My blomme van nader. Die meeste van die blomme was van Prima


Om so bietjie bling in te bring het ek Glitter gebruik.


Was ook n skets ek het net die foto gedraai. Dit is my skoonsus my broer se vrou.



Die uitdaging was "Count your Blessings". Ek het ons kinders in die uitleg gebruik want ons is so Geseënd om so n pragtige dogter en seun te hê en dan nog n pragtige skoondogter daarby.


Die blom het ek al sooooo lank en dit het perfek by die uitleg gepas. Ek het ook n stukkie kant agter wat ek met mist gespuit het.


Ons moes 3 of meer hartjies gebruik het. Ek het my hartjies in n blom vorm gebruik, ook met die kant.


Hierdie was n foto wat ons gekry het, ons moes kyk wat ons inspireer in die foto. Dit was vol kleure en ook blomme, dit was vir my perfek met die lente blomme. Ek het nuwe lewe gesien in die foto. Dit is vir my altyd so mooi na die winter as al die bome blaartjies begin kry en die tulpe begin hulle koppies uitsteek en soms ook so tussen die sneeu deur. Dit is te pragtig.


Op die foto wat ook n bietjie doodeling gewees. Ek het in die hoek so n blommetjie gemaak. Is nie heeltemal tevrede met die uitleg nie maar dis die idee wat tel. Mmmmm....


Hierdie was n liedjie uitdaging. Ons moes die dame se liedjie gebruik het wat die uitdaging aanbied. Ek was nie mal oor die liedjie nie so ek het net n sinnetjie van die liedjie gebruik op die uitleg. Dit is my seun en my skoondogter.


Die blommetjie en blare met die sinnetjie van die liedjie.


Dankie vir die inloer.

Be Happy Be Creative.


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...