Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Thursday, February 21, 2013

Lekker scrapbooking dag

Hi daar,

Nr 7 van my uitdaging is klaar. Ons was 52 dames en ons sal laat vanmiddag weet hoeveel nog deur is na die volgende rondte. 
Ons het weer by Colorful Creations n skets gekry. Met n paar goed wat ons moes bysit. Ons mag net (rooi, geel, blou en groen) bebruik het. 
Ons moes ook die volgende gebruik het, misting, hand stik werk, en "fuzzy cutting".
Ek het die haardroeër, borsel en kam uitgeknip. 

Het met rooi misting op die geel gesproei en met geel misting op die blou. My hand stik werk is die koord van die haardroeër.

Dis nie heeltemal my styl van scrapbooking nie maar ek dink dit het nie te sleg uitgekom nie. 

Hier volg die uitleg.







Die papier met die rooi kolletjies is n ligter geel, en die groen papier het weer n geel patroon in. 




Dinsdag het ek n beginner scrap groepie gehad. Die een dame het al gescrap maar sukkel nog met n paar goedjies maar sy kom baie goed reg. Die jonger dame was haar eerste keer wat sy gekom het. Sy het dit so geniet. Hulle was 09:30 die oggend by my en die aand 21:37 het ek hulle na die stasie geneem. Dit was n heerlike dag gewees. Ek het foto's van Amy se Jornaal geneem. Dit was baie laat in die aand so die foto's is nou nie so duidelik nie. Amy het klaar besluit om haar volgende een te maak. Die gogga het gebyt. ;-)


Amy en Verena die hele huis het later vol papier gelê van my studio in die gang, sitkamer en eetkamer. 


Amy se jornaal die voorblad


Ek het net n paar bladsye geneem, soos ek sê dit was al baie laat gewees en die lig was toe sleg.


Sy het dit baie geniet


Haar voëltjies en die canvas stukkie langs die kant wat sy met PanPastel gedoen het.


Sy was baie trots op haar duif gewees.

Dankie vir die inloer.

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...