Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Sunday, February 24, 2013

Mixed media layout

Hi daar,

ek hoop die Lente kom nou gou. Is nou moeg vir die koue! Die week was dit weer baie koud en dit sneeu nog aan mekaar. Dit is natuurlik baie mooi maar ek soek nou my blommetjies en is lus vir die tuin. As mens in die winkels kom is dit net lente versierrings en blommetjies wat in die winkels is. Ek dink dit is wat n mens net lus maak vir die lente. n Mens is ook nooit gelukkig nie want as dit weer Somer is dan kla ons weer van die hitte. 

Ek het 2 uitlegte weer klaar gemaak. Die een is van my broer se seuntjie. Hy het vir die eerste keer n Gala swem kompetisie bygewoon. Hy het eerste gekom en was vêr voor gewees. Dit was so oulik om dit te kon sien. My broer het n video geneem en vir ons op Facebook gesit. Die foto's het my skoonsus met haar selfoon geneem. Dit is nie so duidelik nie maar ek het gedink ek gaan dit gebruik.

My tweede uitleg is deel van die Colorful Creations se uitdaging. Ons was 52 dames en ek dink ons is nou 22 nog oor wat deur is na die volgende rondte. Hierdie keer moet ons, ons eie patroon papier maak. Ons mag glad nie ander patroon papier gebruik as net die wat ons gemaak het nie. Ek het my uitleg begin met n wit karton wat ek met verskillende kleure van Glimmer Mist gesprei het. Daarna het ek n 12 x 12 Template gevat en die "Bricks" met Gesso gesmeer. Daarna met Distress Ink oor gegaan. 

Ons moes ook n "Journal card, Punch, Metal en Mixed Alphas" gebruik het.

Hier volg die uitlegte.


My "Journa card" is n tag wat kan uittrek. Die patroon op die karton het ek embossed en n tegniek gebruik vir die kleur.


Die blomme is van Prima en my "Metals" is van Prima Vintage Trinkets.


My woorde het ek van Prima se alphabets gebruik.


My punch werk onder aan die foto.

Die swem uitleg van my broer se seuntjie.




Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


2 comments:

  1. What a beautiful job you did creating your background paper, love the colours and the texture you created in the embossed pieces, lovely work. Love our side panels to on your blog, very pretty.
    PS- can you take you word verification off, trying to get to right before you can publish you comment is a nightmare. Tx

    ReplyDelete
  2. Thank you Fi
    Have a nice day!
    Hugs
    Rachelle

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...