Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Wednesday, February 13, 2013

Joy of Love

Hallo daar,

Ek het nog 2 uitlegte klaar gekry. Ek is nogsteeds deur na die volgende rondte van die een uitdaging. 
My uitleg wat ek ook gedoen het met my dogter wat haar 3de jaar Modelle gehad het, is die week as die wenner van die week aangewys. My week het sommer baie goed begin. Eers het ek die mail gekry van my uitleg wat gekies is. Net daarna sien ek dat ek n prys gewen het, ek het nie nou al die name by my nie. Ek sal oor die naweek meer daaroor skryf en die name bysit.

My uitdaging wat elke week is en ons uitlegte word streng bekyk om te sien of ons by die regulasies hou. Die uitdaging was om n "Monochromatic" uitleg te maak. Ek het besluit op pienk, die uitleg is van my en my beste vriendin in Suid Afrika. Elke keer as ek af gaan na SA dan het ons n dag net vir onsself. Natuurlik is ons in en uit by al die Scrapbook winkels. ;-)

Hier is my "pink" uitleg. Ons moes ook n die cut, border punch, blomme teminste 3 wat jy ook self gemaak het en bling en skoenlappers



My skoenlapper die cut. Die skoenlappers is van Prima


My sirkel is ook n die cut van Sizzix 


My volgende uitleg moes ons die woord "Love" gebruik het. My seun en skoondogter het n fotosessie gehad vir hulle Apèro troukaartjies. Ek het besluit om die foto's vir die uitleg te gebruik. 


Die fotoraam het ek al so lank en het besluit nou is die tyd om dit te gebruik. Ek het met swart ink oorgegaan en ook swart UTEE gebruik. Die blomme is van Prima en die donker rooi blomme en blaartjies is ook van Prima se Canvas reeks


Die satyn blom is eintlik wit, ek het dit met Glimmer mist gesprei.


Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...