Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Saturday, January 12, 2013

Hand gemaakte Buffel leer sakkies

Hallo,

ek het in my vorige pos genoem van die leer sakkies wat my seun en skoondogter gemaak het. Ek plaas n paar foto's. My seun het n stuk Buffel leer gekoop om vir hom n sak vir sy Macbook te maak. My skoondogter het besluit sy wil ook iets maak en het op n grimeersakkie besluit. Hulle het tekeninge gemaak en begin werk aan hulle sakkies. My seun het nog n paar ander goed gemaak ook n Mini Ipad sakkie uit die leer vir sy sussie (moet nog n foto daarvan neem). My skoondogter het ook vir haar die mooiste klein handsakkie gemaak. Alles met die hand. Hulle het dit baie geniet.

Hier volg van die fotos.


Die foto is nie so duidelik nie, ek het dit vinnig met my selfoon geneem. Hier word die leer uitgelĂȘ en gemeet en gepas vir die Macbook sak.


Van agter is die handsak, grimeersakkie. Die klein sakkie is n kabelsakkie en ook n "memory stick" houer, dan die Macbook sak. Alles met die hand gedoen.


Die grimeersakkie van nader 


Die Macbook sak


Die Memory stick sakkie


Die handsakkie het pragtig uitgekom



Tirza het tot n voering binne-in gesit.



My seun het hierdie Mini Ipad sakkie met die naaldwerk masjien gemaak, en so ewe nog  n tee sakkie gebruik vir die kleur 


Die sakkie in die binnekant

Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...