Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Wednesday, January 30, 2013

Trou layout

Hallo daar,

was vandag na my vriendin in die Franse kant van Switzerland. Was heeldag bewolk die son het sy kop net so n stukkie uitgesteek. Teen die tyd wat ek laat middag huistoe gekom het, het dit behoorlik gesous en dit reën nogsteeds met erge wind. Dit was n heerlike dag en ook nie so koud gewees nie. 

Manlief is weer met sy werk op reis, ek het gisteraand gou nog die een "Challenge" klaar gemaak. 
Ek hou nie so baie van die eind resultaat nie. Dit is vir my net te dood. Ek gaan môre my uitleg so n bietjie "op pep" ;-) dit kort na my smaak n bietjie bling of iets en ons mag nie bling of iets gebruik het nie....LOL.....
Ek sal die uitleg ook dan op my blog sit. Hoop die son skyn môre vir n mooi foto.

Hier is my uitleg.

Ons moes swart, room, wit en grys gebruik het met n die cut en dan moes ons kies uit 5 items wat ons net een mag gebruik het. Ek het besluit om die blomme op my uitleg te sit. Maar soos ek sê dit kort beslis net iets.





My uitleg


Die blomme van nader

Onthou asb. my blog se naam het verander. Dit is nou my nuwe blog se naam...
http://all-my-craft-creations.blogspot.com

Dankie vir die inloer.


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...