Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Wednesday, January 9, 2013

Eerste scrap bladsye vir 2013

Hallo daar,

ek hoop almal het n Geseënde begin in 2013 gehad. Ons het, dit was n baie besige Desember en begin van Januarie. Ons kinders het by ons gekuier tot hulle gister (Dinsdag) vir 2 jaar na Australia vertrek het. Ons was almal gister aand op die lughawe om te groet. Ons as ouers is so geseënd en kan ons Hemelse Vader net elke dag dankie sê vir ons pragtige kinders en ook dat hulle Jesus volg. 

Ek het n paar scrap "challenges" vir Januarie. Ek is baie bly vir al die "challenges" want dit gaan my besig hou, en wat beter terapie is daar om jou kinders te scrap. :-)

Hierdie 2 uitlegte is my "Challenges" van Colorful Creation, ons het n paar reëls gehad wat ons moes volg. 

Die papier is van Pion Design. 


In Switzerland is dit wet dat jy eers voor die magistraat trou en dan n kerk troue, as jy wil. Hierdie was  Leon en Tirza se "Zivil Hochzeit" op 16 Julie 2011. Hulle het ook die 5de Augustus n kerk troue gehad.


Die blom is van Prima wat ek met Mist gesprei het.


Die letter is chippies, wat ek al baie lank terug gekoop het. Het geen naam op so ek kan nie sê van watter verskaffer dit is nie. Ek het met distress ink oor gegaan en met Glossy Accent.


Die bybel versie het ek met pink embossing poeier gedoen


Hierdie uitdaging was lekker, het n paar instruksies gekry wat ons moes doen en gebruik. Ons het net n sekere tydperk. Ons is meer as 50 dames wat deelneem. Ons hou aan tot net een oorbly. Die persoon wat nie in tyd sy uitleg klaar het nie of nie by die instruksies hou nie word van die lys afgehaal. 


Die blom was baie klein rosies wat ek gekoop het. Ek het dit uitmekaar gemaak om die meer sagter blom te kry.


My vlaggie het ek ook met Glossy Accents oor gegaan.

Dankie vir die inloer. Ek is besig om die foto's reg te kry van my seun Leon en skoondogter Tirza se handgemaakte leer projekte in Desember. Sal dit later oplaai. Lekker week vir almal.



4 comments:

  1. Prachtig gemaakt Rachelle!
    Groetjes van Ageeth

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Ageeth
      Lekker week vir jou
      Hugs
      Rachelle

      Delete
  2. Rachelle dis weereens baie mooi uitlegte. Hou van die blomme.
    Hugs Desíre {Doing Life}

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dankie Desire,
      lekker week vir jou
      Hugs
      Rachelle

      Delete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...