Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Friday, January 25, 2013

Brrrr, dis koud

Brrrr, dit is koud.

Hallo daar,

Brrrr, dit is koud. Dit was Sondag so koud die sneeu wat afgekom het, het in ys balletjies verander  en dadelik die strate en sypaadjies in glybane verander. My dogter het Sondag aand van die kerk afgekom sy sê hulle kon skaars loop, hulle moes aanmekaar vashou. 
Maandag en Dinsdag was dit net sneeu. Was vanoggend gou uit die strate was skoon en gly vry. Maar julle dit is koud. Ons het vandag minus 11 hulle sê teen Sondag kan ons op plekke tot minus 17 kry. 
Julle weet natuurlik wat ek gaan doen. My neus gaan in my scrapbooking wees en nie buite in die koue nie. Sal bietjie kyk of ek foto's kan neem. Vandag is ook baie mistig so dit help nie ek probeer uitgaan vir foto's nie.

Ek het 2 uitlegte klaar gemaak wat ek graag met julle wil deel. 



Ons moes ons eie Washi tape maak, n "Pinwheel", en "Border Punch".  Ek het BoBunny se papier gebruik. Die foto's is van my broer se dogtertjie wat by ons gekuier het in Augtustus 2011. Sy het daai roomys so geniet sy wou niks weet om die stokkie af te staan nie.


My Washi tape en Pin Wheel


Die tweede uitleg is van my dogter Chelene. Ons uitdaging was om n liedjie of versie te neem en n woord te gebruik uit die liedjie. Ek het die liedjie Our God van Chris Tomlin gebruik. Dit is my dogter se gunsteling liedjie. Die woord Shine het ek uit die liedjie gebruik. Die foto van Chelene het ek ook al n hele rukkie. Ek het gedink dit pas goed by die tema want sy staan met haar selfoon en luister na musiek.


Van die blomme is van Prima die ander van my ou voorraad.


Het die blommetjies met Perfect Pearl mist gespuit.


Onder die liedjie het ek n Tag ingesit wat jy kan uittrek oor die liedjie en Chelene


Dankie vir die inloer.
Be Happy Be Creative


1 comment:

  1. Life is not merely to be alive, but to be well g7capsules

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...