Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Wednesday, December 12, 2012

Wat n week

Wat n week!!!!!!!

Ek sukkel vir n paar jaar met sinus (of dit is wat ek gedink het dit is). Ek het ook al n sinus operasie in SA gehad, jare terug. Dit begin altyd met die vreeslike nies aanvalle (winter, somer, lente, herfs) maak nie saak watter seisoen. Dan begin my neus toetrek, drukking in my ore en dan begin ek hoes. Ek word benoud dan moet ek n asma pompie gebruik. Dis soos Bronchiale Asma, ek is vir n langtyd nou al op kortisoon en dit gaan met tye beter en dan skielik oornag het ek dit weer baie erg. Ek haat die kortisoon want ek het soveel gewig opgetel van die simpel goed.
Ek is nou al deur soveel toetse en allegiese toetse. Op die ou einde het hulle ook n virus of kiem in my bloed op getel wat my wit bloedselle in die hoogte jaag. Dit het ek iewers opgetel. Vra my nie waar nie...

Wel, laas week het ek n erge Brongitis gehad, was by dokter nog medikasie moes weer Saterdag daar wees. Alles lyk toe beter ek kry sommer toe n griep inspuiting in die linker arm, en toe kry ek n bakteriese Inspuiting in my regter arm. Saterdag aand het ek so rug pyn dat ek skaars kan beweeg. Ek drink toe maar een van die pynpille wat ek nog oor het. Deur die nag het ek met koue koors wakker geword en n vreeslike kopseer. Sondag oggend op gestaan, kon skaars beweeg en my linker arm kon ek nie reguit maak nie en kan ek ook nie beweeg nie. Toe ek in die spieël kyk is hy bloed rooi. Deur die dag bly die kopseer en dit voel of my hart in my ore klop. Ek dog toe dis n Migraine. Teen Sondag aand 9 uur het my man die nood nommer gebel en alles verduidlik. Hulle sê toe net "jammer hulle kan niks doen nie ek moet maar nog n pynpil drink" as dit erger word deur die nag moet hy weer bel. Hallo, hoekom bel n mens 9 uur die aand dit is ernstig. 

Wel, ek het toe nog pille in ek is so naar ek wil iets oorkom. Ek is bed toe en n koue lap op die kop, tussen koors en koue koors deur die nag. My man het later deur die nag die hande vir my opgelê, kan net dankie sê dat ek so n wonderlike man het en dankie aan my Hemelse Vader dat hy my deur die nag gelei het. Die Maandag oggend vroeg het my man dadelik ons huisdokter gebel. Hy sê toe ek moet dadelik inkom. Halllloooooo, ek kan nie bestuur nie want ek is so dronk soos n tor en my man mag glad nie meer kar ry nie na ons ongeluk. Hy is nog op sterk pynmedikasie vir die spookpyn van sy arm wat hy verloor het. Toe sê die dokter nee hulle het n persoon wat uitkom en die mense kom haal. Die tannie het my toe kom haal en weer terug gebring. Die dokter was baie kwaad toe hy hoor van die nood nr storie.

Ek is vir breinvlies ontsteking getoets en n klomp bloed is getrek. My wit bloedselle is baie hoog, en my eierwitte ( weet nie of dit in afrikaans ook dieselfde is as Duits nie) is ook baie hoog. Ek het nog pille gekry want ek is toe allergies vir die inspuiting wat hulle my gegee het vir die bakteria storie. Dinsdag was ek weer daar, my kop het nie meer so geklop nie maar was nog seer en my arm lyk soos pop eye en baie seer en warm. Ek kan nie glo dat iets jou so van die baan kan gooi nie. 
Vandag voel my kop beter, my arm kan ek bietjie meer reguit kry. Die swelling is af maar is nog n hele stuk rooi. Ek moet Vrydag weer by die dokter wees dan toets hulle weer my bloed, en al die ander goed. Ek hou my maar nou rustig tot vrydag. 

My man is vanoggend met n swaar hart met sy werk weg op reis en kom eers Vrydag terug. My dogter is gelukkig in die aand hier. Ek het vandag nog n Challenge klaar gemaak en n kaartjie. Ek hoop ek voel môre heelwat beter om nog twee te kan doen.

My man wou my verras het met n boodreis volgende week, vir n week. Hy moes dit kanseleer want ek mag nou nie reis nie. Ons sal dit maar rustig vat en as die kinders almal vir Kersfees hier is, dan saam hulle goed gaan doen. Is seker maar belangrik dat n mens jou krag weer moet terug kry. Dit was ook so koud vanoggend minus 14. 

Hier is n foto van hoe my arm nou lyk.



Lekker seer


Ons temp vanoggend 09:53

Hier volg my uitleg wat ek gemaak het. Dit was n Word Challenge, die woord was Joy. Ek het die fotos van Europa Park in Duitsland gebruik van laas jaar toe die familie hier was vir ons seun se troue. My seun en sy vroutjie my broer en sy vrou en kinders, my man en skoonmoeder was op die "afrika" vlot gewees. Ek het aan die kant gestaan by al die sakke en het hulle van die kant afgeneem. My broer het heel voor gesit en n mooi foto so terug geneem van almal op die vlot. My skoonmoeder het so gelukkig gelyk en almal het so lekker gelag. Ek het gedink dit pas goed daarby.


Die "Joy" was chippies wat ek eenkeer iewers gekoop het. Ek het distress ink gebruik en embossing poeier. Die papier is van Bo Bunny.


Die volgende uitleg is Mosiac Tech Challenge gewees. Ek het al n paar mosiac uitlegte gemaak so dit was nie so moeilik vir my nie maar jy moet maar nog kop hou. Ek het eers na die tyd agter gekom ek het in my lysie n fout gemaak. In plaas van "patience" het ek  "patients" geskryf. Duidelik waaraan ek gedink het. Ek moet die lysie oordoen.



Ek het n raam om my foto gemaak. Het ook n skrif stempel gebruik en met embossing poeier oorgegaan. Die papier is van Bo Bunny.


Die brats het ek al n hele tydtjie terug gekoop, kan nie onthou in watter verpakking dit was nie. 



Die kaartjie het ek vir my skoonsus se hondjie gemaak. Ja, se hondjie. Die se naam is Lady en sy is n regte Lady. Sy is n wors hondjie en soos n kind vir hulle. Sondag in my slegte toestand het ek n sms gekry, my man het my maandag eers gesê daarvan. My skoonmoeder het blykbaar met Lady gespeel. Sy hou baie daarvan as my skoonmoeder vir haar die bal gooi, dan hartloop sy en gaan haal hom en bring terug. My skoonmoeder het blykbaar n paar keer vir haar gegooi en toe op een stadium het sy in die lug gespring en toe sy land draai sy en daar lê sy. My skoonmoeder het my skoonsus dadelik geroep en hulle sien toe sy is verlam in haar onderlyf. Hulle is met haar diere kliniek toe en daar sê hulle toe haar rug is gebreek. Hulle het n keuse of hulle kan haar opereer en hoop sy herstel of hulle moet haar laat uitsit. Hulle kon dit nie oor hulle harte kry om haar uit te sit nie. Wel, Lady is Maandag geopereer en die het so ewe hospitaal besoek. Ek het so gegiggel toe ek dit hoor. My skoonsus het my vanoggend laat weet sy staan blykbaar al en sy kan die naweek dalk al huistoe gaan. Sy gaan vir 6 weke fisio kry en swem oefeninge. Ek sê mos n regte Lady..... ;-)

Hier is die kaartjie


Ek sien nou eers ek het nooit die blommetjies se stamme ingeteken nie. Jammer, sien my regte en linker brein lop wonder nog wat gaan aan met my. LOL.....


Be Happy Be Creative


4 comments:

  1. Ai Rachelle ek is so jammer om van jou gesondheid te hoor en die verskriklike naweek van pyn wat jy gehad het. Eks bly dinge het darem nie vererger nie, maar wel verbeter. Jy moet jouself maar mooi oppas. Jou uitlegte is pragtig met spesiale herinneringe. En wat kan ek se, as n mens eers n lady is dan is jy vir altyd een. Hoop sy herstel goed.
    Mooi bly
    Desíre {Doing Life - my personal blog} {Doing Life 400 Follower Give Away}

    ReplyDelete
  2. Hi Desire,
    baie dankie. Ek voel vandag baie beter as Sondag en Maandag. Ek is net baie dronk in my kop. Moet maar stadig opstaan as ek gesit het. My skoonsus het fototjies van haar gestuur. Sy staan wraggies al en het vanaand goed geëet. Baie bly vir hulle dat sy okay is.
    Hugs
    Rachelle

    ReplyDelete
  3. Hi Rachelle, wat heb je toch weer een pech. Ik hoop dat het snel beter gaat met je. Dank je wel voor je berichtje via sms, graag gedaan hoor ben blij dat je de kaart mooi vond.
    Veel beterschap toegewenst!!!!
    Groetjes van Ageeth

    ReplyDelete
  4. Hi Ageeth,

    dankie voel al baie beter. Dankie vir die mooi boodskappie en ook my pragtige kaartjie.
    Hugs
    Rachelle

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...