Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Thursday, December 6, 2012

Uitdagings

Heerlike uitdagings

Hallo daar,

lyk of my blog nou weer reg is. Ek het die week n paar Challenges klaar gemaak en is nog besig met n paar. Ons weer is vreeslik deur mekaar. Een oomblik skyn die son, dan sneeu dit duk stukke, dan reën dit maar dit is vrek koud. Ek hoop julle kan die kleure en details mooi sien. 

Ek het by n nuwe Scrap groep aangesluit. Colorful Creations. Hulle het n hele paar Challenges daar en ek het besluit om n paar te doen. My man was vir sy werk weg gewees en wat beter tyd as dan om net te sit en te ontspan. Volgende week is manlief weer weg so ek sal seker weer sit en n paar goedjies maak. Dan is dit opruim en reg maak vir kersfees.

Ons seun en sy vroutjie kom by ons woon tot die 8ste Januarie dan vertrek hulle vir 2 jaar na Australia. Ons gaan elke tydjie wat ons het gebruik om net lekker te kuier. 

Hier volg my verskillende Challenges.

Die 1ste een is n "Recipe Fun" Challenge gewees.
Ons het n paar bestanddele gekry wat ons moes gebruik op ons uitleg. 

Dit was die bestanddele:
Ons moes net rooi en groen papier gebruik het. n Nommer, min van 2 foto's metaal en brads, border punch, jy moes jou papier ook "scrunched" en "decorative ribbon gebruik.


So hier is my probeer slag


Ek maak gewoonlik dubbel uitlegte hier is my tweede blad.


My tweede Challenge was n "Tag Challenge"

Ons het ook n resep gekry maar jy moes n Kersfees of n feestelike woord gebruik op jou tag. Die eerste tag is vir my challenge. Ek het besluit om 6 tags te maak. Ek wil dit kersfees op die tafel sit en elkeen van ons kan dan n "tag" trek. Elkeen van ons moet dan agter op die tag n bybel versie op skryf wat vir die persoon wat die tag dan aan gaan behoort vir die volgende jaar sal inspireer. Ek sal natuurlik kyk dat hulle nie hulle eie tags trek nie. :-)




My 3de Challenge was n Plus Challenge
Room + Groen + Skoenlappers


Die foto's het my seun nog geneem laas jaar na hulle troue. Dit was so mooi en ek dink dit pas pragtig op die groen en room kleurskema.


Agter die foto het ek n uittrek Tag gemaak. 


Hierdie gaan n heerlike Challenge wees. Ons gaan elke maand n alfabet kry en daarmee moet jy dan n uitleg van jouself maak. Die maand was dit N or O. Jy moet dan jou uitleg maak wat met die alfabet letter begin en wat iets oor jou beskryf. Ek het vir "New Journey into Life" besluit want dit was die oggend voor ons seun getroud is. Nou is ek skoonma en nog n pragtig dogter ryker.




Ek het n tweede bladsy gemaak wat ek dan in my album langs die een van my sal insit.


Ons het die oggend bietjie gaan rondloop en die mooiste park ontdek. Daar het ons manne eers besluit dit is nou tyd dat ons model speel. By my is my skoonsus (my broer se vrou) en hulle twee pragtige kinderstjies. Al die pad van SA vir die troue deur gekom.


Die blom het ek uitgesny en 3D gemaak met n skoenlapper op.

Dankie vir die inloer. Tot volgende week wanneer ek met die ander uitlegte klaar is. 


2 comments:

  1. Oooh ek het nou omtrent lekker hier gekuier. Jy is baie kreatief. Kan nie glo dit sneeu by julle nie terwyl dit sulke lekker sonskyn weer hier in Johannesburg is. Julle moet die feesgety saam met jul seun geniet,
    Mooi bly
    Desíre {Doing Life - my personal blog}

    ReplyDelete
  2. Dankie vir die mooi boodskappie. As ek beter voel sal ek bietjie fotos opsit van al die sneeu of op Crafti Treasures se FB blad.

    Lekker week verder vir jou
    Groetnis
    Rachelle

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...