Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Thursday, December 20, 2012

Album / Dagboek

Hallo daar,

dankie vir al die mooi boodskappies op my blog en die wat vir my email's gestuur het. Ek voel al baie beter. Is nog met tye baie moeg, ek kan my arm weer beweeg. Dis net nog baie gevoelig en klip hard waar hulle my ingespuit het. Die dokter sê dit kan nog ongeveer vir 4 weke so aangaan. 

Ek wens al my blog vriendinne n Geseënde Kersfees en n Voorspoedige Nuwe Jaar toe. 

Ek het die volgende Album / Dagboek gemaak. Ek wou graag vir my seun en skoondogter n klein album maak met familie en van hulle vriende se foto's in. 
Ek het ook n paar bladsye tussen in wat Tirza (my skoondogter) self kan iets inskryf. Hulle kan dit saam neem na Australia en as die verlange te groot word kan hulle na die album kyk. 

Hier volg n paar foto's van die Album / Dagboek.


Ek hoop julle kan die kleure mooi sien. Ons het nog die hele week sneeu of reën gehad. Dit is n Canvas album van Prima. Die versierings op die album is van verskillende verskaffers.


Van nader



Die begin van die album het ek met foto's van Leon en Tirza begin


n Bladsy waar Tirza notas kan maak


Tirza se familie




Die bladsy met die strepies het n sakkie waar Tirza iets kan in sit


Ek het die bewoording op Sticky Canvas gedruk. Dit is deel van my seun se CD wat hy gemaak het. Die foto is waar hulle een aand die cd vrygestel het.


Ons familie


Ek en manlief


n Gesins fotosessie van so paar jaar terug


Familie in SA


Nog familie


Leon se laaste Worship dag as leier voor hulle vertrek na Australia en van sy vriende


Leon en Tirza en van hulle vriende. Die foto's is met n sellfoon geneem


Het die album weer met hulle afgesluit. Daar is nog n paar bladsye wat ek nie afgeneem het nie met ook leë bladsye en tags in.

Dankie vir die inloer.


2 comments:

  1. Rachelle eks so bly jou arm is baie beter. Die album is pragtig en eks seker sal baie waardeer word.
    Mooi bly
    Desire

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Desire, dankie ek voel al baie beter. Die kinders was mal oor hulle album, nou is dit net waar om alles in te pak vir die groot trek na Australia.
      Lekker naweek vir jou en jou familie.
      Hugs
      Rachelle

      Delete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...