Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Saturday, November 24, 2012

Soveel wat gebeur het

Hallo almal,

Dis met hartseer wat ons totsiens sê vir n scrapbook vriendin by Let's Scrap. Betty Anne, was die heel eerste om my welkom te laat voel. Al was sy hoe siek n mens het haar nooit hoor kla nie, in teendeel sy was altyd daar vir almal met raad en liefde. Al het ek haar nie persoonlik geken nie, maar wel deur ons blikbreine was dit altyd lekker om van haar n boodskappie op jou blog te sien of sy het vir jou n mooi boodskap gelos by jou scrapbladsye. Ons gaan haar almal baie mis. Sterkte aan haar man, familie en vriende in hierdie hartseer tyd. Rus in vrede Betty Anne.


Dit is met n dankbare hart wat ek vandag hierdie stukkie nuus met julle deel. My broer se klein dogtertjie het gistermiddag 5m ver geval. Hulle het n dubbel verdieping huis, die kleinding het op die reeling geklim en oorgehang. Haar voet het gegly en sy het vooroor geval na onder. 
Ons kan net dankie sê dat ons Hemelse Vader sy hand oor haar gehou het. Sy het in die binnehuise se tuin geval. Sy het liggte harsing skudding maar verder makeer sy niks. My skoonsus sê die dokter het gesê as dit n groot mens was het jy beslis n paar bene gebreek. 
Ek is net bly daar is n tuin en nie die teëls nie. 
Hier is twee foto's van Adriani en van die huis.



n Duk knop op die kop, maar ons glimlag gelukkig nog. 


Van hier bo af het sy geval binne in die plante.




Crafti Treasures het op Facebook n resep "challenge" gehou. Jy kon jou gunsteling resep ingestuur het. Die wenner wen n Resepte boek wat ek gemaak het. Ek het ook n tweede wenner getrek "Lucinda" sy wen n geskenk bewys van Crafti.

Hier volg die foto's van die Resep Album.


Die resepte boek se voorkant. Het Bo Bunny se papier gebruik, van Prima se blomme. Het met gesso en akriel kleure gewerk.


Het n bietjie glimmer mist oorgespuit. Ons weer was die laaste tyd bietjie deurmekaar. Ons het baie mis gehad, het nie so baie sonlig gehad nie.


Die eerste bladsye. Ek het in meeste van die bladsye "tags" ingesit. Of net oop bladsye wat Christine (die wenner) haar eie resepte ook kan inskryf.


Nog n bladsy met "tags" die "Diat? Never ever!! was servette wat ek al n rukkie terug gekoom het. Dit het vir my oulik gelyk en ek het besluit om een in die resepte boek in te bring. 


Hier is n paar "tags". Ek het ook n boeke gemaak wat jy dan oopmaak en nog vele meer bladsye het vir resepte.


Die boekie oop met nog meer bladsye

Het met kant en gesso gespeel en daarna met akriel verf oorgegaan.
  

Die eerste bladsy het ek met Gesso en verskillende kleure akriel verf gemaak. Die tweede bladsy het ek die karton in Distress ink gedruk om die druppel efek te kry.


Hierdie bladsy het ek geniet. Ek het verskillende kleure vet kryte gebruik. Dit gesmelt en gesmeer oor die bladsy. Nadat dit afgekoel het (lekker vinngers verbrand :-) ) het ek die bladsy beweeg en die gesmelte kryte het gekraak, ek het hulle afgekrap en dit het die mooiste kleure gelos op die papier


Hier het ek n klein boekie gemaak. As jy hom oopmaak het jy ook n paar bladsye wat jy nog resepte kan skryf. Die chippie is van Enmarc, 


Van nader


Nog Tags en n oop bladsy wat Christine self iets kan inskryf


Nog tags en plek om in te skryf




Die "cafè" bladsy is ook n servet wat ek gebruik het. Ek het met akriel verf gewerk en n stempel gebruik wat ek dan ook emboss het.




Die resepte boek agter, en as hy plat lê.


Ek hoop sy gaan die resepte boek baie geniet net soos wat ek dit geniet het om hom te maak. Dankie vir die inloer. Wens julle almal n geseënde week toe!

Be Happy Be Creative





1 comment:

  1. Hi Rachelle
    Hierdie resepte-album is pragtig en dit sal 'n mens sommer lekker motiveer om te bak en brou.
    Mooi bly
    Desíre
    {Doing Life – my personal blog}
    {Doing Life – 400 Follower Give Away}

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...