Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Tuesday, November 13, 2012

Kaartjie

Hallo daar,

na ons skielike sneeu val van n paar weke terug, is alles weer gesmelt en die herfs is besig om nou plek te maak vir die winter. Al die bome is nou omtrent sonder blare en dit is kouer as n paar weke terug. Die Alpe lyk pragtig in hulle wit kombers toegevou. Gewoonlik het ons vir die laaste 3 jaar elke keer op die 25ste Nov ons eerste sneeu gehad. Ons sal nou sien of dit die jaar weer gebeur na ons so vroeg n sneeuval gehad het. 

Ek deel vandag n kaartjie wat ek gemaak het. Ons buurman het so amper 2 jaar terug met n ligte hoesbui begin. Dit het erger geword en op die ou einde het hy geen stem meer gehad nie. Hy is toe dokter toe en hulle het n gewas op sy stembande gekry. Dit is verwyder en was kwaadaardig. Hy het na maande se hoes en die operasie optrent geen stem meer gehad nie en kon net fluister. Die jaar het hy glad nie gepraat nie. Verlede jaar Oktober het hy nog met n fiets rond gery en was baie fiks vir sy ouderdom (74). Hy het begin met Chemo en het net slegter geword en die kanker het versprei. 

Ek het hom n paar keer gesien as my buurvrou en hulle seun hom gevat het vir sy chemo, ek kon nie glo dit is dieselfde man van n jaar terug nie. Laas week het hy baie vinnig agter uit gegaan en hy is Saterdag vroeg oggend oorlede. My buurvrou is baie hartseer maar sy sê sy is ook verlig want hy het die laaste paar maande baie pyn gehad. 

Ek is besig met n Resep Album wat iemand kan wen op FB Crafti Treasures, ek sal later die fotos van die resep album ook opsit. Wag net dat die weer beter is. Ons het baie bewolkte weer met baie mis, so die lig is nie so goed om die kleure mooi uit te bring nie.

Ek het vir my buurvrou die kaartjie gemaak en n mooi bos blomme vir haar gister gegee. 


Ek hoop julle kan die kleur mooi sien.  


Be Happy Be Creative


1 comment:

  1. Rachelle. Dis n tragiese verhaal en dis altyd moeilik vir die wat agterbly. Eks seker sy het die kaartjie baie waardeer.
    Mooi bly
    Desíre {Doing Life - my personal blog}

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...