Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Wednesday, October 3, 2012

Uitlegte en foto's

Hi daar,

ek het eindelik n paar van die uitlegte (layouts) klaar wat ek n rukkie terug begin het. Ek is nog op die oomblik in die tuin besig en geniet die laaste paar dae van ons heerlike herfs. Dit is vroeg oggend en laat aand al heelwat koeler. Deur die dag het ons heerlike weer, die bome begin nou vinnig hulle blare afgegooi. Die woude is ook die mooiste herfs kleure. Ek sit n paar foto's op wat ek sommer agter in die tuin geneem het. 

Hier volg die uitlegte en die foto's.



Hier het ek van my ou papier gebruik, ek het ook die kaart wat ons in Europa Park gekry het gebruik in my uitleg.


My broer en my seun het op die Mega Roaster gaan ry. Hulle het amper n uur gewag voor hulle kon opklim. Ons vrouens het maar gestaan en wag en rondkyk. Hulle was baie braaf maar ook baie verlig toe dit klaar was en hulle op vaste grond gestaan het.


Hierdie was met een van my man se werks geleenthede, ons was almal uitgenooi die aand vir die heerlikste 7gang ete en het n "show" gehad. Die meisie met die viool was baie goed. 


Het ook n "tag" gemaak wat jy kan uittrek vir meer inligting oor ons aand



My man se 50ste verjaarsdag, ek het eindelik die jaar tyd gehad om van my ouer fotos's bietjie uit te haal en te scrap. Ons het verlede jaar na my seun se troue mos vir skoonmoeder terug geneem na SA. Ek het vir my man n verrassing partytjie gehou. Hy het gedink dit gaan net n ete met die ouers en broers en susters wees. Toe hy daar aankom was hy baie verbaas om van ons vriende ook te sien. Daar was vriende wat ons seker amper 8 jaar nie gesien het nie en hulle het ook van vêr gekom om ons te sien. Ons was so bly dat almal daar kon wees en die spesiale dag met my man kon deel. Ek het n boekie gemaak waar ek meer foto's kon insit.


Die agterkant van verjaarsdag uitleg. Ek het van die kaartjies ook ingesit wat my man gekry het. Die een met die dame wat by die gordyn uitloer het ek vir hom gegee. As jy die kaartjie oopmaak speel daar n liedjie en liggies gaan aan ens.


Kaartjie van buite.


Kaartjie binne.


Hier volg die foto's





Ek het eers al die spinnekoppe na die tyd raak gesien, terwyl ek net hierdie een wou afneem. Ek het myself behoorlik deursoek of daar nie net dalk een op my geland het nie. Eeeegit!!!



Dankie vir die inloer!

Be Happy Be Creative



2 comments:

  1. Sjoe dit was nou lekker om hier in te loer. Jy is omtrent besig. Pragtige uitlegte, kaartjie en natuurfotos.
    Mooi bly
    Desíre {Doing Life - my personal blog}

    ReplyDelete
  2. Dankie, vir die inloer. Altyd lekker om van jou te hoor!
    Lekker naweek
    Hugs
    Rachelle

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...