Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Friday, October 5, 2012

Een van vele Mini Albums

Hallo daar,

vandag het ek n Mini album en Cameo vorms om met julle te deel. Op Crafti Treasures se Facebook profile het Michelle gevra of daar enige iemand is wat belang sal stel om Mini Albums vir Kinderhuise te maak. Hulle wil dit vir die kinders as n geskenk gee as hulle die kinderhuise verlaat met foto's in van hulle lewe en vriende ens. 

Ek het gister met die een Mini Album begin. Ek het nog van die duk karton oorgehad wat ek gebruik het vir my seun hulle se trou kaartjies. Die breedte van die album was net te kort vir die klips waaraan die foto bladsye moes ingaan. Ek het toe n bietjie rondgespeel en die een gemaak sien op foto's. Die res wat ek gaan maak sal die regte breedte wees waar die Klip perfek sal inpas. 

Die Cameo dames wat ek gemaak het, het ek Silikoon vorms gevind wat eintlik vir seep maak gebruik word. Ek het besluit as jy kan seep maak in dit kan jy mos ander produkte ook gebruik. Het toe bietjie rondgespeel. Ek verduidelik by die foto's wat ek gedoen het.

As jy Yummy Candy wil wen kliek op die link.
If you like a change to win Yummy Candy click on the link.

Hier volg die foto's



Dit is die voorkant van die album. Ek het Bo Bunny se Welcome Home reeks gebruik en die blommetjies en skoenlapper is van Prima


Die bankie het ek uitgesny en met "Crackle Accents" oorgegaan. Nadat dit droog geword het, het ek met Distress Ink oor die krake gegaan. Die blomme op die bankie het ek met Stickles gedoen. Aan die kant het ek n ou belt van my dogter geneem en die blommetjies gebruik. Die ma gooi niks weg nie, het dit nou al jare gebêre en kyk daar vandag het ek dit gebruik. :-)


As jy die album oopmaak het ek die "tag" in, waarop hulle self n boodskappie kan skryf.


Die eerste blad pas by die oopblad van die Cover, ook met n "tag".


Dit is die 2de bladsy, die res van die bladsye moet ek nog doen.


Hier is my Cameo's wat ek gemaak het. Die eerste een wat n Geel kleur het, het ek die volgende produkte gebruik. 
1. Ek het die Cameo en die rand met Sepia Accents vol gemaak. Dit word gou hard. Daarna het ek Duk embossing poeier gesmelt en in die vorm gegooi. 
2. Die tweede een wat n bruin kleur het, het ek ook Sepia Accents saam met die embossing poeier gesmelt. Jy moet gou werk want dit word baie vinnig hard.
3. Die blou een het ek Duk embossing poeier saam met blou stickles gebruik. 


Dankie vir die inloer!

Be Happy Be Creative



No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...