Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Tuesday, September 18, 2012

Sommer net

Hi vriende,

ons het vrydag n heeldag scrap dag gehad. Ek kon gelukkig ook n paar Layout's klaar maak. Ons het eers half 2 Saterdag oggend gaan slaap. Was baie lekker gewees, maar eie was Saterdagoggend lekker moeg. Oud word is nie vir sissies nie.....  :-)

Onthou my "2nd Birthday Candy" as julle graag Candy wil wen.
Remember my "2nd Birthday Candy".

Hier volg n paar van die Layout's wat ek klaar gemaak het. Ek sal die ander op my blog sit sodra ek dit klaar gemaak het.


My broer hulle se dogtertjie is n regte klein modepoppie. Sy gaan nêrens sonder haar pop en die moet ook dieselfde as sy aangetrek wees of dan tenminste dieselfde kleurskema. Die handsak is ook altyd oor die skouer. Ek het vir haar sulke regte Cindarella skoentjies gekoop en na SA gestuur. Sy hou daarvan as sy loop en dit maak die kliek - klak geluid

Ek het Bo Bunny se Little Miss papier gebruik. 


My papier pop van nader.


My broer se seuntjie het n Mnr en Mev dag by die kleurterskool gehad. My skoonsus het hom te oulik aangetrek. Hulle klein dogtertjie wou natuurlik ook op dollie en is saam na die kleuterskool "all dress up". Was so oulik om die foto's op facebook te sien!



Kyk net daai groot paar skoene. Ek het so lekker gelag toe ek dit sien.


Ja, eindelik kon ek weer by my foto's uitkom van ons week in Monte Carlo. Die mans was almal deur die dag in konferensies en ons dames was met toer buste na plekke geneem. Dit was so lekker gewees. In die aand kon ek en manlief dan ook n paar goed gaan doen en bekyk het.

Ek het Bo Bunny se Welcome Home en Timepiece gebruik. 



Hier was ons dames by die Monaco Kasteel en die kerk waar Prinses Grace ook getroud was.
Dit was vir my baie mooi gewees. Ons het ook n toer deur n deel van die kasteel gehad. Daar was die mooiste skildery van Prinses Grace, ons mag ongelukkig geen foto's geneem het nie.


Ek het die idee by Patricia Basson gesien waar sy die venstertjies oopgesny het. Ek het myne oopgesny en dan die loodglas vensters wat ek binne in die kerk geneem het daarin gesit.


Hierdie was ons laaste dag en die manne was toe ook vry. Ek en my man het bietjie gaan rondloop en nog n paar laaste fotos geneem. Ons was ook bo - op die Hotel se dak waar die swembad is. Ons het die mooiste uitsig van daar  gehad.


Dit is die bekende draai waar die ouens altyd jaag met die Formule 1. 


Sommer n foto van my pragtige blomme wat my man vir my gekoop het.

Be Happy Be Creative


1 comment:

  1. Rachelle, die uitlegte is pragtig. Jy was baie produktief.
    Mooi bly
    Desíre
    {Doing Life – my personal blog}

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...