Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Thursday, August 23, 2012

Verjaarsdag / Birthday

Hi daar,

Sjoe, maar dit is warm in Europa. Die somer van 2006 was dit ook so warm en bedompig gewees. Dit was een dag by die 38 grade en in die nag is die temperatuur so 25 tot 28 grade. Jy bly nat en voel die heeltyd taai. Ek hou niks daarvan nie, ek kan nie wag dat die winter begin nie. Ons herfs het ook al hier en daar sy kop uitgesteek. Die bome verloor hulle blare, en die bome se blare begin nou verkleur.  Hopelik kom die afkoeling baie vinnig.

My man se suster word die 14 Sept, 50 jaar oud. Sy is n onderwyseres en gee skool by n privaat skool. Haar skoolhoof het my ander skoonsus gekontak en gevra of al die familie en vriende, vir Ilse n boodskap kan skryf. Sy maak n plak boek en gaan elke persoon se boodskap daarin plak. Ek het Dinsdag die boodskap gekry van my skoonsus en ek moes dit vinnig probeer klaar kry want hulle moet dit teen volgende vrydag in Suid Afrika hê. 

Ek het so n klein ongeluk Maandag aand gehad. Ek het water gekook vir koffie. Ek wou die water in die bekers gooi en die agterste beker het n lepel ingehad. Ek het die ketel na agter getrek en daar kap die ketel teen die lepel.  Ek vergeet dat die ketel nogsteeds skuins is en ek gryp na die beker. Ek het toe die ketel warm water oor die eenkant van my hand uitgegooi. My linker kant van my hand en my pinkie en die binnekant van my hand het baie sleg verbrand. Ek het goeie salf wat ek aansit maar daar kom nogsteeds blase. Dit gaan beslis n lelike merk op my hand los. Kan nie glo dat n mens so simpel kan wees nie. 

Ek het Dinsdag laat middag begin met die stukkie werk vir my skoonsus se 50ste verjaarsdag. 

Hier is n paar fotos.



Ek het "Sticky- back canvas" gebruik vir my agtergrond. Ek het Psalm 91 daarop gedruk. Ek wou nie die bladsy uit my Bybel skeur nie, toe het ek net my Bybel op my scanner gesit en geprint. Daarna het ek die papier mooi gesny en weer in my scanner gesit en die "Sticky Canvas" deur my printer gesit en die Bybel vers is direk op my Canvas. Die eenkant is bietjie ligter ek kon nie my Bybel platter kry nie en wou hom ook nie druk nie. Daarna het ek Distress Ink gebruik vir die kleur aan die rand en binnekant. So bietjie swart Gesso en hier en daar n stempel. 


Die blomme is van Prima ek het die twee room blomme geink sodat dit dieselfde kleur as die ander blomme het. Die goue blare het ek met "Tattered Angels", "glimmer Glam" geverf. Die blomme het ek met "Glimmer mist se Clear Cote" gespuit vir n blink skynsel.


Ek het die "tag" ook met Distress ink voorberei. Die pin is van Prima en ook die blommetjies. Ilse se verjaarsdag boodskap sal ek op die "Tag" nog skryf voor dit môre in die pos gaan.


Die skoenlapper is ook van Prima, ek het n paar swart beads gebruik vir die middel en met Stickles oorgegaan.

Dankie vir die inloer.

Be Happy, Be Creative


1 comment:

  1. Rachelle. I had to laugh reading the English translation of your post. Sometimes, it just doesn't work well! But, I get the picture, and am so sorry about your burn! I have never used the "sticky-backed canvas," but you have done so beautifully here. I love the tag, and that butterfly in the lower left-hand corner is just gorgeous! Brilliant work, as always!

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...