Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Wednesday, July 18, 2012

Jy is kosbaar

 
Die geheim van God se Stem
Lê nie in harde woorde nie,
Nee dis n sagte ritseling in die wind.
n Briesie deur jou hare,
liefdeswoorde van n kind.

Die blare wat roer,
n voëltjie wat fluit.
Sy aanraking so sag soos n vlinder se landing.
n Drukkie van n kind.


Soos n bloeisel bot,
So is die liefde van God.
Niemand weet hoe dit begin,
Of waar dit vandaan kom.

Jy's die vonkel in Sy oog,
Hy plaas n huppel in jou stap.
Hy kan nie wag dat jy opstaan,
En tyd saam Hom spandeer.

Hy wag vir jou lofprysing,
Hy wag dat jy Hom Eer.
Hy wil jou so graag vandag seën
Al is dit met n bietjie reën.


Die gedagte aan jou, maak Hom opgewonde.
Uit die hemel kyk Hy op jou neer,
Terwyl Hy jou met Sy liefde leer.
Sal Hy al jou probleme wegvee.
En jou voete staan stewig,
Jou gemoed standvastig,
Jou hoop gevestig op Hom.

Lê vandag weer jou lewe voor Sy voete neer
Saam met Hom gee jy elke tree,
Bly Wandel in al Sy weë
en Hy sal jou gee,
Wat jou hart begeer.

Geskryf deur:  Michelle Wentzel


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...