Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Thursday, July 26, 2012

Finale uitlegte

Hoe raaaaaaa!!!!!! die trou album is klaar!!!


Die laaste uitlegte is nou gedoen. Nou kan ek alles mooi versorg en die laaste "touch" doen voor ek die album vir Leon en Tirza die 5de Augustus vir hulle 1ste Huweliks herdenking gee. 
Ek kan nie glo dit is al n jaar terug nie. Die tyd het so vinnig verby gegaan. Verlede jaar hierdie tyd was dit net trou reelings en reg maak vir die familie wat deur gekom het van Suid Afrika vir die troue. 


Hier volg die uitlegte.


Ek het die uitleg gemaak van ons almal wat gedans het. My broer se seuntjie het die klomp dansende mense net aangekyk en heelwat later besluit dit is lekkerder om by ouma op die stoel te gaan slaap. Waar sy kleinsussie die hele aand gedans het en die mense wou haar opvreet.  


Hier is sy besig met haar hande klap en die heupies wat swaai. Was te oulik!!
Ek het agter die foto ook n "Tag" gesit waar ek n boodskappie van al die gebeure van die aand geskryf het.


Die sirkel was vir my te kaal toe besluit ek om die knoop daar te sit.


Hierdie uitleg is nou die heel laaste in die album. Ek het met n een blad uitleg begin en ek eindig ook die album met n een blad uitleg.


Die blom en dot sirkel (wat ek met distress ink oorgegaan het) is van Prima Marketing. Die swirl kan ek nie onthou van wie dit was nie. Die letters is ook van my ou voorraad.


Julle kan dalk onthou ek het al die uitleg opgehad. Net die linker kantste blad. Ek het die heeltyd gewonder wat ek aan die eenkant nog gaan doen. Al die uitlegte is dubbeld behalwe soos ek gesê het die begin en die einde. Toe ek die uitleg hier bo gedoen het en die letters gekry het, het ek ook die "stickers" gekry met die woorde op. Dit het vir my gepas by die foto's. Ek het wel die woorde op n grys karton geplak. Die rand van die grys karton het ek emboss en met embossing poeier oorgegaan.


Die rok het ek met kant ens versier.


Hier kan julle die rand van die grys karton sien wat ek emboss het.


Ek is heelwat agter met my scrap werk. So nou kan ek begin met die res van my scrapbladsye. Die trou album was heerlik om te maak, mens beleef omtrent alles weer van vooraf. Maar ek sien nou uit om ons vakansies en ander goed ook te doen.

Dankie vir die inloer.

Happy Crafting!!


4 comments:

  1. Pragtige kreatiewe uitlegte.
    Ek weet nie of jy bewus is dat ek kits met stap-vir-stap notas wat template gebaseerd is vir dubbelbladsy uitlegte ontwerp en op my online winkel verkoop www.doinglife.co.za.
    Mooi bly.
    Desíre
    Doing Life
    Digistamps4Joy DT Member
    Tammy’s Scrapin Corner DT Member

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Desire,
      ek sal jou later kontak. Ons het nou in Europa ons somer vakansies en oor twee weke gaan ek aankope doen vir my online winkel. Sal daarna vir jou n mail stuur met al my vrae.
      Lekker dag vir jou
      Rachelle

      Delete
  2. These are absolutely gorgeous. Well thought out and creative. I create wedding scrapbooks for clients as a for-profit venture, and I am so proud of your work! Astonishing!

    ReplyDelete

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...