Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Wednesday, July 18, 2012

At the Pool

Ek het dit geniet om die uitleg te maak. Dit is baie plein maar die kleure van die papier was so vrolik. My broer en sy gesin het saam my ouers bietjie na n warmbron gegaan vir n naweek. Soos ek al in n voringe plasing van n uitleg van hulle gesê het. Ek kry al my foto's van Facebook.
 Dan kan ek dit weer scrap. My broer is n hele paar jaar jonger as ek. Ek is die middel kind en dan het ons n ouers sussie ook gehad. Sy is in 2005 oorlede. n Mens mis jou familie baie as jy so vêr van hulle af woon. Ons kan gelukkig wees vir die nuwe tegnologie. Sonder Facebook en Skype sal n mens seker verlore wees. :-) 

Hier volg my uitleg wat ek gemaak het. 
Ek het Bo Bunny se "Petal Pushers" papier reeks gebruik 
Ou papier uit my voorraad
Pic Tixx Blow Up & Linerpen
Akriel verf
Blomme uit my voorraad 


Ek het ouer papier in my voorraad gehad en die "At the Pool" uitgesny. Dit het n bietjie opkikker gekort. Ek het n "Pic Tixx Blow Up & Linerpen gebruik. Daarna het ek dit met my "heatgun" warm geblaas en dan pof dit op in n 3-D effek. Daarna het ek met ink oorgegaan net vir so n bietjie kleur.


Die Bikini's het ek met my Sizzix gedoen. Die Bo Bunny papier het ek net omgedraai vir die ander kleur van die papier of vorms.


Het Akriel verf geneem en bubble plastiek daarin gedruk en n paar afdrukke vir waterspatsels gemaak.



No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...