Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Sunday, January 22, 2012

Elke vrou het n Kruiegeur


Elke vrou het n kruiegeur


Die een vriendin laat jou dink aan Naeltjies - deurdringend sterk - n noodsaaklikheid vir sekere tye van jou lewe. n Naeltjieboom groei glo net waar die see gesien kan word. Dan is daar die Neut-vrou. Sy verleen daardie effens prikkelende geur met haar teenwoordigheid. Jy sien haar nie dikwels nie, maar sy is altyd daar. n Paprika-vriendin het ek beslis. Altyd kleurvol, dra gedurig rooi, uitbundig en leef voluit, maar altyd smaakvol. 

In elke vriendekring is daar n Swartpepervrou-ontonbeerlik, maar jy moet haar reg hanteer anders kom haar skerpheid na vore. Dit is dus verstandiger om haar in klein dosisse te kan geniet. En wie wil nou nie n Kaneel vriendin hê nie? Sy verleen n heerlik soet, fyn geur aan jou vriendskaptuin. Met haar snoesige roeskleur woltrui vul sy die vertrek met warmte en met haar sonnige geaardheid verdryf sy die kwaaiste winteroggend. Sy sal nie maklik oordadig wees nie.

n Roosmaryn vriendin kom nie ongemerk n vertrek binne nie. Sy maak dadelik indruk met die manier waarop sy loop, lag, praat en aantrek. As sy weg is, hang die geur van haar bekende parfuum nog n tyd in die lug. Dit is nie verniet bekend dat roosmaryn die geheue versterk nie.

n Ander vriendin waaronder ek nie wil wees nie, is die Pietersielie vrou. Sy is soos die bekende kruid, n noodsaaklikheid in jou vriendekring. Sy verleen die nodige versiering aan elke gesprek. Haar advies is altyd deurdink en getuig van goeie smaak. n Tiemie vriendin is nie oordagig met haar kuiertjies nie. Sy hou dit kort en haar gesprekke is prikkelend en aktueel. Sy verleen net daardie tikkie goeie smaak met haar teenwoordigheid. (In Griekeland is dit n kompliment as iemand vir jou sê jy ruik na tiemie.)
Laastens kry jy natuurlik die gemengdespererye vrou. Sy is n heerlike veelsydige mengsel van vrolikheid, talentvolheid, bekwaamheid en kunstigheid. Nog n moet in elke vriendekring. Die besondere kruietuin van my, sal ek versorg en elke dag water gee.

Happy Crafting!!


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...