Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Monday, November 28, 2011

Waar bly die winter?

Hallo daar,


ons is nou aan die einde van November en nog geen sneeu nie. Verlede jaar hierdie tyd was ons toe onder die sneeu. Die ski oorde moes hulle ski seisoene verskuif omdat daar geen sneeu is om op te ski nie. Die Alpe is al wit maar nog nie genoeg vir ski nie. Ek kry die mense maar jammer wat hulle ski vakansies geboek het en nou kan hulle nie ski nie. Hulle sal dit nou maar moet om sit in n wandel vakansie, LOL...


Nou ja, terwyl ons wag vir die sneeu het ek die naweek n bietjie begin scrap. Sal ook sĂȘ dit is omtrent tyd. Ek het soveel foto's nou wat geprint is dat ek geen verskoning meer het nie. Dit was lekker toe ek eers gaan sit het en net begin het. My man skryf nog n boek so terwyl hy besig is, is ek in my scrapkamer en dit is lekker om te weet ons is bymekaar al doen elkeen sy eie ding.


Hier volg n paar van my uitlegte wat ek die naweek gedoen het. Ek het Bo Bunny se Gabrielle reeks gebruik.


Bridal Beauty
Ek het n Let's Scrap sketch gebruik vir hierdie uitleg. Ek het die pragtige kant gekoop en nog nie geweet wat ek met dit gaan doen nie, toe ek begin het met hierdie uitleg was ek baie bly ek het dit gekoop.



Sailing
My eie uitleg geen skets gebruik nie.


Tirza en Leon
Ek het een van Enmarc se Doilies gebruik agter Tirza se foto's. Ek het dit met n paar verskillende kleure geink om die kleure van die papier en hulle kleur van die troue in te bring. Die die kleur was bruin, room, en Turquoise. Ek het geen skets gebruik nie.



Ek het die rok staander n bietjie uitgewerk sodat dit meer uitstaan.


True Beauty
Ek was baie bly daar was nog genoeg van die kant oor vir die uitleg ook. 



Ek het die mooi skoenlapper gesien en gedink dit is perfek vir die papier.


Dankie vir die inloer.
Happy Crafting!!


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...