Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Friday, October 28, 2011

Springbokkie en Blommekind

Hi daar,


eindelik weer n paar uitlegte. Ek het nou al my foto's gekry wat ek bestel het, en glo my dit is baie. So nou het ek geen verskoning meer om nie te kan scrap nie.


Hier is n uitleg wat ek van my broer se seuntjie gedoen het. Hy is baie lief vir sy Springbok t- hempie en natuurlik al sy "Car" t-hempies. Natuurlik het hy ook omtrent al die "Car" karretjies. Daar is nog so 3 of 4 wat hy kort en hierdie tannie word kort-kort gevra of ek al gaan kyk het of ek dit gesien het in die winkel. Sal maar vir Kersvader vra om te help soek. Ek het n Let's Scrap skets gebruik.


Hier is n naby foto. In my "Scrapbook album" is die volle uitleg.


Die uitleg het ek van my broer se klein dogtertjie gemaak. Sy is n klein rissiepit maar n pragtige klein mensie. My skoondogter het vir die kleinding n blomkransie vir haar kop gemaak. Sy het hom n rukkie opgehad. Sy is glad nie lief vir iets op haar kop nie. My arme skoonsus wil so graag vir haar die mooiste knippies ens. in haar hare sit maar na n rukkie dan haal sy dit maar weer uit.

Hier is n naby foto van die uitleg. In my "Scrapbook album" is die volle uitleg. Ek het sommer net gespoeg en plak. Die blom het ek met n "punch" gemaak.


Happy Crafting!!



No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...