Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Sunday, August 4, 2013

Canvas

Hallo daar,

ek het n rukkie terug eindelik my Prima Doll Stamps gekry. Ek was die naweek lus om bietjie met hulle rond te speel en het besluit om n klein Canvas te maak van die een Doll Stamp.

My papier is van Maja Design en ek het verskillende Mix Media gebruik. Meeste was my akriel verf en Gesso. Ek wou nie te veel versierings bysit nie, want ek wou die aandag meer op die "Doll Stamp" hou. 

Soos ek gewerk het, het n paar ander idees opgekom wat ek seker dan sal gebruik met die ander Doll Stamps wat ek ook nog het. 

Hier is my Canvas


Ek het die stamp ook oor my Maja Design papier gedruk sodat ek die rokkie van die pop kon uitsny. 
Nadat ek dit geplak het, het ek met Glossy Accent oorgegaan en alles laat droog word oornag. 


Die stempel werk het ek gedoen nadat alles mooi droog was. Die chippie in die hoek is van Enmarc.



So hier en daar n Rub - on gebruik, en met Glimmer mist gespuit vir bietjie blink.


Die romp het ek so bietjie gelig by die soom.

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...