Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Saturday, August 3, 2013

Albums

Ek het nou al n geruime tyd gesien dat almal die "Project life" albums adverteer. Op n paar van my blogger vriendinne se blogs het ek gesien hoe almal dit begin doen en geniet. 

Wel, ek het besluit voor ek nog goed gaan aankoop om my ou "stash" eers te gebruik en ook om te sien of ek werklik daarvan gaan hou. Ek bly maar lief vir my dubbel bladsy uitlegte en om alles op die uitlegte self te doen. 

Ek het n baie ou album en as ek sê ou dan is dit oud.  ;-) 

Dit is n 30,5 x 30,5cm album en my plastiek bladsye vat ongeveer n 10x15cm foto's. Alhoewel hulle almal dieselfde grote is, sal ek bietjie rond speel en kyk hoe ek my album gaan vol maak. Soos ek sê ek wil eers kyk of ek daarvan gaan hou.

Ek het foto's geneem van die album aan die buitekant en hoe die plastiek sakkies binnekant lyk.


Die sakkies is almal dieselfde grote, maar ek sal n plan maak.


Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...