Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Thursday, July 25, 2013

Album

Goeie dag almal,

ek het nie veel om vandag te wys nie, maar ek het is gelukkig besig om weer my mojo stadig terug te kry. As ek so na al my scrap vriendinne oor die hele wêreld luister is dit nie net ek wat my mojo verloor het nie. Ek het tonne werk om te doen maar dit is of mens net nie aan die gang kan kom nie. 

Ons het hierdie week n hitte golf en hulle sê die naweek gaan nog erger wees. Gelukkig is ons huis heerlik koel in die somer maar mens voel tog daai drukkende hitte. Meeste huise in Europa is ingerig vir die winter met die ondervloer verhitting, maar hulle is glad nie ingerig vir die warm somer maande nie. Gelukkig is dit nie lank nie maar lank genoeg na my sin. Ek was altyd n somers mens, kon ure in die son lê, nou hop ek van koelte kol na die volgende koelte kol. LOL....

As ek so na my dogter kyk dan dink ek aan my jong dae. Sy is mal oor swem en kan ure in die son sit, Sjoe ek kry sommer vir haar part ook nog warm. Hoe sê hulle oud word is nie vir sissies nie. ;-)

Ek het n plein wit album gehad en besluit om die album se voorblad so bietjie op te dollie. Ek het my Texture paste gebruik met geel verf vir my agtergrond. Die foto op die album is n klein skilderytjie wat ek in SA gekoop het. Die dames wat van SA woon sal dalk vir Porchie ken. Dit is een van sy skilderytjies. Ek het weer die foto tegniek gebruik, nadat die foto droog geword het het ek my lint omgesit. Daarna het ek met die Texture paste die hele voorblad gedoen. Hier en daar met ink oor gegaan vir meer kleur.

Hier is die album



Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...