Thought for the week

"Every word of God is pure: He is a shield unto them that put their trust in Him." Proverbs 30:5

Wednesday, June 19, 2013

Canvas

Hallo daar, 

ons somer is nou hier en ons vergaan behoorlik van die hitte. n Mens is ook nooit tevrede nie. As dit koud is kla ons en as dit warm is kla ons. Kan dit nie maar net tussen in weer wees nie. :-)

Ek het die week twee Canvas "skilderye" wat ek klaar gemaak het. Ek was in Mei maand by n kurses en ek was glad nie gelukkig met die idees en eind resultaat van my "skilderye" nie. Ek het dit vir n hele ruk net laat lê, om te besluit wat ek met dit gaan doen. 

Die een wat ek met die gesig gemaak het, het ek heeltemal oorgedoen. Ek het die een wat ons op die kurses gedoen het net weggegooi. Ek hou nie van n net een oog persoon skets nie. Dit is wat ons moes gebruik het en het nie n keuse gehad van wat ons wou doen nie. Ek het maar toe net rond geploeter en geweet ek gaan hom nie eers gebruik nie. Die een wat ek gemaak het is n volle gesig.

Hier is my Canvas wat ek oorgedoen het.


My scrap studio se kleure skema is Geel, Blou en Lemmetjie groen. 
Ek het akriel verf gebruik vir my agtergrond. Geel, Blou en lemmetjie groen.  Die gesig en hare deel het ek PanPastel gebruik. My versierrings is van verskillende verskaffers.


So hier en daar bietjie glitter net vir bietjie meer bling.


Van my versierrings


Die hangertjie was n ou armband wat ek nie meer dra nie.


Van die kant afgeneem.


Die volgende Canvas het ek ook half oorgedoen, en bietjie versierrings opgesit. Dit was vir my net te plein gewees. Die blom foto is n foto gewees wat ons met Foto Transfer Potch gebruik het. Ek gaan beslis weer een van hulle maak en die medium gebruik.

Hier is my Canvas


Dit is n canvas binne n houtraam. Ons moes net die foto opsit en dan n kleur verf. Dit was te plein so ek het behoorlik bietjie gespeel en my raam het ek ook geverf. Ek het die raam droogeblaas met my "heatgun" om bubbles te maak. Ek dink dit het nogal mooi uitgekom.



Dankie vir die inloer

Be Happy Be Creative


No comments:

Post a Comment

Thank you for stopping by here at All my craft Creations.
Please know that your comment is valued.
Hope you enjoyed your stay.
Hugs
Rachelle

LinkWithin

Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...